Ekonomiese & Markoorsig - November 2019
Internasionaal Die afwaartse neiging in internasionale ekonomiese groei is gedurende Oktober voortgesit. Die voortgesette monetêre beleidsverruiming in Amerika, tesame met 'n afname in die lawaai rondom die globale handelsoorlog, het egter internasionale aandelemarkte hoër laat sluit die maand.
Die kleiner waarskynlikheid van 'n “geen ooreenkoms” Brexit het bygedra tot die verbetering in beleggersentiment, aangesien dit lyk asof Eerste Minister Boris Johnson daarin geslaag het om heelwat hindernisse te oorkom en 'n ordelike uittrede van die Europese Unie te onderhandel. 'n “Geen ooreenkoms”...