Pentagon Financial Solutions PTA (Edms.) Bpk. is ‘n gelisensiëerde Finansiële Dienste Verskaffer. Die maatskappy is ‘n onafhanklike finansiële dienstegroep met ‘n aantal hoogs gekwalifiseerde adviseurs in diens wat individueel gemiddeld elk 20 jaar relevante ervaring van die industrie het. Hierdie adviseurs word ondersteun deur ‘n toegewyde en ervare span administratiewe personeel, gerugsteun deur die beste beskikbare rekenaar stelsels en sagteware. Lees meer…

Finansiële aanwysers

Holistiese benadering

As deel van ons holistiese benadering in die vasstelling van ons kliënte se behoeftes, erken ons onder andere die behoefte aan behoorlike belasting – en boedelbeplanning en die implimentering hiervan deur die toepaslike strukture en finansiële produkte.

Vind meer uit

Hoogs gekwalifiseerde span

Pentagon se hoogs gekwalifiseerde span geniet erkenning in die industrie vir hul omvattende vaardighede in finansiële beplanning , sowel as breedvoerige kennis van die ekonomiese omgewing en die filosofie en proses van aktiewe bestuur.

Vind meer uit

Geïntegreerde finansiële beplanning

Ons is trots op ons vermoë om finansiële behoeftes op ‘n geïntegreerde basis aan te spreek. Gespesialiseerde beleggingsdienste en produkte word onder andere gelewer deur Associated Portfolio Solutions, en boedelbeplanning en die bereddering van boedels deur ASP Fiduciary Services.

Vind meer uit


Jongste

Resessie. Verrassing!!

Suid-Afrika het tot sy tweede resessie in agt jaar gedaal gedurende die eerste kwartaal van 2017. Afrika se mees geïndustrialiseerde ekonomie het in die eerste drie maande van die jaar met 0,7% gekrimp na ‘n daling van 0.3% aan die einde van 2016.  Die London Financial Times koerant wys daarop dat die twee agtereenvolgende kwartale […]

Vind meer uit

WEF Durban – na die afgradering

Die Verenigde State van Amerika ondergaan tans onsekere transformasie na die verrassende verkiesing van Donald Trump as die nuwe president in November verlede jaar. Die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie ondergaan onsekere transformasie na die onverwagse Brexit-uitspraak van die kiesers in Junie verlede jaar en Frankryk sal nou onsekere transformasie ondergaan na die nie-so-verrassende […]

Vind meer uit

Terug na die verlede – tyd vir afgradering

Onder die dekmantel van die duisternis het President Jacob Zuma Donderdag, 30 Maart die langverwagte kabinetskommeling aangekondig wat op die kaarte was sedert sy rampspoedige aanstelling van Des van Rooyen as Minister van Finansies in Desember 2015. Terwyl ‘n aantal van die nuwe aanstellings baie omstrede is, is die aanstelling van Malusi Gigaba as nuwe […]

Vind meer uit