Terug na die verlede – tyd vir afgradering

Posted on

Onder die dekmantel van die duisternis het President Jacob Zuma Donderdag, 30 Maart die langverwagte kabinetskommeling aangekondig wat op die kaarte was sedert sy rampspoedige aanstelling van Des van Rooyen as Minister van Finansies in Desember 2015. Terwyl ‘n aantal van die nuwe aanstellings baie omstrede is, is die aanstelling van Malusi Gigaba as nuwe Minister van Finansies die mees onrusbarendste. Business Day berig dat Gigaba Saterdagoggend op ‘n mediakonferensie, minder as 36 uur na sy aanstelling, dit duidelik gestel het dat dinge van nou af baie anders by die Tesourie gedoen gaan word.

Gigaba het ‘n agenda uiteengesit wat “onapologeties” gefokus is op die gebruik van die staat se R500bn verkrygings wetsontwerp en openbare infrastruktuurbesteding om besigheid na swart ondernemings en professionele swart persone te stuur.

Hy het na bewering uit sy pad gegaan Saterdag, om te beklemtoon dat hy verbind is tot voortgaande fiskale omsigtigheid en om die land se kredietgradering te behou, en dat “everything we do will be done within fiscal constraints”. Maar hy het ook te kenne gegee die Tesourie nie meer kan “behoort aan ortodokse ekonome, groot besighede, kragtige belange en internasionale beleggers”, soos wat dit blykbaar is nie. Gigaba het glo “goeie en hartlike, maar “robuuste” gesprekke met al drie kredietgraderings agentskappe oor die naweek gevoer.

Maandagaand, 3 April het Standard & Poor’s Globale Graderingsagentskap (S&P) Suid-Afrika se buitelandse valuta waardering na rommelstatus, BB+ afgradeer. Die nuwe Minister van Finansies, Gigaba het nie net oor sy heel eerste hekkie gestruikel nie, maar dit blyk dat hy dit nie eers gesien het nie. Die graderings agentskap, wat eers in Junie ‘n volgende graderings resensie sou doen, het van sy skedule afgewyk om die afgradering te doen. Die agentskap het aangevoer dat die uitvoerende veranderinge wat deur President Jacob Zuma geïnisieer is, die land se fiskale en groei-uitkomste in gevaar gestel het, en die risiko van beleidsverskuiwings verhoog wat negatief vir ekonomiese groei en fiskale dissipline kan wees. Selfs meer kommerwekkend, is dat die afgraderingsaankondiging gepaard gegaan het met ‘n negatiewe voortuitsig (in teenstelling met positief of stabiel), wat daarop dui dat ‘n verdere afgradering op die kaarte kan wees as hulle agteruitgang in SA se ekonomiese en fiskale prestasie waarneem.

Die afgradering sal dit duurder maak vir die regering, staatsondernemings en die private sektor om internasionale marklenings aan te gaan en sal waarskynlik vertroue en groeivooruitsigte skaad.

Wat egter meer ontstellend as die afgradering self is, was die spoed waarteen dit gebeur het.

S&P het gesê hulle optrede weerspieël ook hul siening dat voorwaardelike aanspreeklikhede op die staat, veral in die energiesektor, aan die toeneem is en vorige planne om Eskom se finansiële posisie te verbeter mag moontlik nie op ‘n omvattende en tydige wyse geïmplementeer word nie. Staatswaarborge wat deur die openbare ondernemings benut word sal na verwagting R500 miljard bereik in 2020, of 10% van die BBP in 2017. Hierdie is lenings wat deur die regering gewaarborg is en deur staatsondernemings uitgeneem word. Die grootste probleem is Eskom, wat tans ‘n R350 miljard waarborg raamwerk het. S&P se skatting is dat Eskom ‘n inkomste gaping van R75 miljard moet finansier.

“In our view, higher risks of budgetary slippage will also put pressure on SA’s cost of capital, further dampening already modest growth”. Interne regering en party verdeling kan die vertroue wat tot stand gebring is tussen besighede en arbeid erodeer.  S&P sê egter dat hulle die vooruitsigte na stabiel kan hersien indien hulle waarneem dat politieke risiko’s verminder en ekonomiese groei en/of fiskale uitkomste versterk.

Stanlib wys daarop dat Suid-Afrika se staatseffekte vier en ‘n half jaar gelede, ingesluit is in die hoogs invloedryke Citigroup “World Government Bond Index” (WGBI), wat lei tot groot invloeie soos wat beleggers Suid-Afrikaanse blootstelling aanvaar. Insluiting in die WGBI is gebaseer op die gradering van ‘n land se plaaslike geldeenheid, en nie sy buitelandse valuta gradering nie. Suid-Afrika se plaaslike geldeenheid gradering is hoër as dié van sy buitelandse valuta gradering. S&P se nuutste plaaslike geldeenheid gradering vir Suid-Afrika is op die laagste vlak van die beleggingsgraad, BBB-. Beleggers in Suid-Afrikaanse effekte wat aan die WGBI gemeet word, kan nog steeds hierdie instrumente behou solank die plaaslike gradering een van beleggingsgraad bly. Suid-Afrika kan slegs van hierdie indeks uitgesluit word indien beide S&P en Moody’s die land se plaaslike skuld afgradeer tot rommelstatus. Met President Jacob Zuma en sy volgelinge wat duidelik glo dat hulle oor die nodige politieke kapitaal beskik om op so ‘n eensydige manier op te tree, blyk dit dat die ANC tans in ‘n krisis is.  Die ANC is duidelik verdeeld oor die optrede van President Zuma en sy volgelinge, en die uitbreiding van die Nasionale Werkkomitee (NWK) vergadering, om provinsiale voorsitters en hul sekretarisse in te sluit, dui op die erns van die situasie en stel voor dat Zuma ‘n versterking van sy ondersteuners benodig. Adjunk-president Cyril Ramaphosa, sekretaris-generaal Gwede Mantashe en tesourier-generaal  Zweli Mkhize het aanvanklik openlik verskil met Zuma oor die kabinetskommeling.  Zuma het Pravin Gordhan verwyder met behulp van ‘n valse intelligensie verslag om die skuif aan ANC-amptenare te regverdig. Terwyl Zuma se teenstanders sê dat sy motivering vir die skommeling gebrekkig is, het sy bondgenote die Business Day meegedeel dat die verwydering van Gordhan, Ramaphosa en die president se teenstanders in die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) voor die ANC se Desember verkiesingskonferensie geneutraliseer het.

Hierdie tragiese politieke sepie sal ongetwyfeld hoofopskrifte vir die res van 2017 oorheers. Maar ons moet nie toelaat dat die newel van dié politieke wedstryd die verbeterde fundamentele beginsels van beleggingsmarkte, plaaslik sowel as in die buiteland, verduister nie.

Sedert die verkiesing van Donald Trump as president van die Verenigde State van Amerika, het aandelemarkte in die VSA baie goed presteer. Baie mense het verwys na die “Trump trade” in hul beskrywing van die positiewe beweging van die VSA aandele, maar sy verkiesing oorwinning mag moontlik ‘n paar baie ondersteunende grondbeginsels verskans het. Dit sluit die einde van die verdienste resessie wat teen die einde van 2014 begin het in, die vermoë van China om nou inflasie uit te voer deur ‘n stygende Produksie Prys Indeks, die styging in effekte opbrengste met kerninflasie wat net bokant die teikenkoers van 2% huiwer en beter groeivooruitsigte, asook die besluit deur die Ope Mark Komitee van die Amerikaanse Federale Reserweraad om die maatstaf rentekoers te verhoog soos wat die ekonomie nader aan ‘n volle indiensnemingsyfer beweeg. Die einde van die verdienste resessie is ook duidelik sigbaar in Opkomende Mark aandele. Sedert die begin van 2016 het die Opkomende Markte ‘n bietjie van ‘n herlewing beleef met aandele in ‘n herstelfase, gedryf deur ‘n positiewe vooruitsig vir toekomstige verdienste, geldeenhede in ‘n sterker tendens en effekte opbrengste wat in ‘n veel nouer verband verhandel, as gedurende Desember 2015. Die enigste waarskuwingsteken in Ontwikkelde Mark ekonomieë is die styging in effekte opbrengste, wat moontlik ‘n einde aan die 30-jarige bulmark kan beteken.

Die Suid-Afrikaanse aandelemark was die afgelope drie jaar neerslagtig soos wat die wêreldwye verdienste resessie sy tol geëis het. Tog het bemoedigende tekens onlangs na vore gekom soos wat positiewe verdienstegroei weer begin verskyn het. Plaaslike effekte opbrengste het nou beduidende politieke risiko ingeprys en het baie van die afgradering en daaropvolgende gevolge geabsorbeer. Relatief tot inflasie, bied ons plaaslike effektemark nou aantreklike reële opbrengste. Langer termyn kontant bied ook goeie opbrengste sowel as ‘n verdere risikobestuur instrument in multi-bate portefeuljes.

Op 11 Desember 2015, het die 10-jaar Suid-Afrikaanse maatstaf staatseffekte opbrengs gesluit op 10,38% en die risiko verspreiding van hierdie effek teenoor die Amerikaanse 10-jaar Tesourie eweknie was 8,25%. Met die skrywe van hierdie brief, is dié opbrengs 9.11% en die risiko verspreiding 6,70%, beide aansienlik laer as 15 maande gelede. Op 18 Januarie 2016 het die Rand ‘n hoogtepunt bereik teenoor die Amerikaanse Dollar teen R16.87/$. Die wisselkoers is nou ongeveer R13.74/$, wat aansienlik sterker is.

As ons egter terugkyk is dit duidelik dat groot risiko in ons geldeenheid en effektemarkte ingeprys is na die Van Rooyen-debakel.

Sedertdien het effektekoerse gedaal en die Rand het teenoor die Amerikaanse Dollar versterk. Terwyl hierdie twee tendense die afgelope 2 jaar baie wisselvallig was, het ons die volatiele en rigtinggewende korrelasies gebruik om politieke-risiko-veerkragtigheid in ons portefeuljes te bou. As ‘n Opkomende Mark ekonomie, het ons die luukse van ‘n “skokbreker” geldeenheid wat met goeie effek gebruik kan word om buffers in ons portefeuljes te bou wat beleggers kan beskerm teen die tipe risiko’s waaraan ons as ‘n land gedurende die afgelope paar dae blootgestel is.

Terwyl die Suid-Afrikaanse politieke speletjies nou eers begin het om ernstige afmetings aan te neem, is die plaaslike en globale beleggingsmarkte nie sonder geleenthede nie.

Bron: APS Ekonomiese Kommentaar


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

two × three =

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>